Braai

Ons is uitgenooi. Uiteindelik. Niemand nooi ons ooit nie. Ons staan voor die hek met ons vleisie en wyn. Nou gee ons nie meer om, om nooit genooi word. Ons is nie lus vir mense nie. “Wil jy nie eerder by die huis braai nie?” Nee, ons kla altyd, en ons is nou hier. Vreemde mense is my swakpunt.

Sê eers hallo vir al die vreemde mense. Ag nee dis soen groet mense Ons kry n plekkie om te sit en almal gaan maar aan met hulle geselsies. Ek is maar stil. Luister hoe almal hulle beste voetjie voor sit. Kinders word gesien en nie gehoor sit in my kop vas, en eks al lankal nie meer n kind nie. My wyn is lekker.
Dis snaaks hoe almal altyd planne vir iemand se huis he. ” Jyt so lekker spasie, hoekom bou jy nie n pizza oond of ‘ n lapa?. Jinne hiers so baie spasie vir n swembad. Dit sal nou nice wees.” Gee geld en hy bou nou vir jou een, is my opinie. Die oom is amper sestig, ek kan jou belowe hy soek eerder liefde as n pizzaoond vir mense wat een keer n jaar kom kuier. 

By n braai kan jy regtig n klomp snaakse goed hoor. Ek dink mense praat net om die stilte te vermy. Ek luister maar liewers. Dis min wat ek iemand ontmoet met wie ek ‘ click’.
Eks net nie ‘n mense mens nie. Ek het darm n paar vriende. Hulle is min, maar hulle aanvaar my nou al. Ek sê net wat ek dink en party mense dink eks ‘bitchy’. To bad. Almal dink tog dieselfde. Hulle sê dit net nie.

Braai. Ek hou van braaivleis. Mense het met altyd iets te se oor my gaar of ‘geofferde’ vleis. Dis hoe ek dit eet. Braai net. Nog n glas wyn.
Ander mense se tyd is nie my tyd nie. Ek hou nie daarvan om verewig vir my vleisie te wag nie.
Luister nou eers oor die ou oomie se stories. Oor sussie wat kaap toe trek. Ander sussie by golfreef city. Vleis. Waars my vleis?

Die kinders speel. Hardloop op en af. Stoot my weer, en weer en weer. Die kaskar is n nuwe ding vir hulle.
Ons is eintlik die ‘outsiders’. Nie deel van die familie. ‘n Vreemde braai is regtig iets anders. Dis soos wanneer ek in n winkel sentrum by n restuarant sit en die mense bekyk. Mens kan dink wat jy wil, maar nie sê wat jy wil.

Ah my vleisie is reg. Eks nou al so dik geeet aan die chips en wors happies. Ek eet maar net omdat ek so lank moes wag vir my geofferde vleisie. ‘n Braai by ons huis is maar net lekkerder. Net ons. Jy kan grappies maak en die skottelgoed vir môre los.
Gewoonlik moes ek saam die vrouens goedjies was- dan is dit mos klaar, die keer het ek besluit om dit vir die jong meisies te los en net n draai te gaan loop. Dit werk hoor. As jy terug kom is als mooi skoon.
As ek iemand se oog vang, gooi ek maar n glimlag- dis mos n lekker braai en eks n ‘ nice’ mens.
Eks darm nou op hoogte met almal se lewens, wat ek nie ken nie en ook heelmoontlik nie weer gaan sien nie. Kort nog wyn. Dalk sal ek dan met almal kan gesels. Ek moet liewers huis toe gaan voor ek my gedagtes en opinies ‘ expose’.

Volgende keer sal ek maar my vriende nooi om by my te kom braai, want dis moeilik om by braai wyn te drink en nie veel te kan sê. Niks lekker musiek wat speel en n kans om op my liedjie te dans nie. Maar braai is seker maar braai neh? 

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s