Groet my

Groet my, plak palm…
Wel hou dit atleast net by groet my. Wats fout met mense dat hulle jou nie kan groet as hulle jou ken. Of is daar fout met my dat ek fout vind? Ek bly in n klein dorp en ja jy sien dieselfde mense orals.

Mense wie se naam ek nie ken sal ek net voor smile. Jy weet ek acknowledge net die persoon. N mens wie se naam ek ken kry ‘n “hoe gaan dit?” “Tot later, cheers”. En dan my vriende word gesqueeze met n skouer in die gesig drukkie. Dis net so warm gevoel wanneer jy jou bestie raak loop en n lekker drukkie kry. Of as jy iemand sien en graag wil weet waar in die wereld hulle is. Want baie keer ontmoet mens iemand en dan vergeet jy n naam so jy kan nie gaan facebook stalk nie. So wanneer jy die persoon raakloop, wil jy chat. Net vinnig opvang. Wil nie jou kosbare tyd mors nie.

Nou met my vriende het ek nie probleme nie. Even al ruik ek na bietjie sweet kry ek n drukkie. Maar die mense wie se naam ek ken wat nie groet nie. Alala eks nou al op die stadium wat ek aspris ander kant toe draai en intens die bestandele op die mayonnaise lees.
Ek voel soos n poephol as ek iemand groet en hulle vra my, van waar af ken ek jou!? My maat moet ek volgende keer fotos saam bring? Kyk eks sleg met name. Maar ek verwag nie n drukkie nie. Ook nie, n hoe gaan dit met jou kat nie. Net “hi!”. Of smile net!
Kyk ekt genoem ek bly in n klein dorpie. Ekt ook al gepost dat ek by twee plekke gewerk het. Ekt almal orals al gesien. Van die keer wat hulle siek was, tot die keer dat hulle, hulself siek gedrink het. Ja maat jyt my al gesien. Eks cool ok!?Ek sal nou nie vra hoe dit met jou blaas infeksie gaan nie.

Dan my Facebook vriende. Hoekom wil jy iemand as n friend he, maar jy kan nie net hallo in pick n pay sê? Jy like dan elke foto, maar is te goed om face to face hallo te sê. Eish nee ek verstaam net nie die spesies om my nie. Ek delete hulle maar so stuk stuk want jys dan nie my ‘ friend ‘.

Die mense wat soen groet , ja my wang is n die plek van groet soene. Ek kan jou belowe jy wil nie my op my mond soen nie. Juis die rede hoekom ek jou nie daar wil soen. Familie is die ergste. Dis net weird. Wie het daai reël gemaak? Ek hou gladnie daarvan.

Dalk is ek net anders groot gemaak, maar dit maak nie jou dood om net voor te smile as jy hulle gesig herken. En damn as jy n foutjie gemaak het, o wel dan het jy dalk iemand se dag gemaak.
My ander helfde verstaan gladnie my frustrasie nie. Hy redeneer ek moet net vriendelik bly en net mense groet. Of hulle nou my wil groet of nie. Maar hys een van daai mense wat nie gesigte kan onthou nie, en dit kan mos nie iets met sy kleurblindheid te doen hê?. Die hele plek sal hom groet en dan vra hy vir my wie die weirdo is. So ja hy verstaan nie wat ek al experience het nie.

Ek sal jou groet maar as jy my nie groet nie. Vok jou ook. Eks jammer jys nog single, of het jou gesig toe geplak met daardie sement wat jy foundation noem. Ja nou raak ek vieslik, maar dis daardie tipe mense wat gewoonlik te goed is om te groet. Kom ons pretend maar die is n groot plek en ons ken nie mekaar. Werk vir my.

Dis asof mense my begin irriteer, met die wat ek ouer word. Dalk is dit n siekte. Ek wil regtig nie n suurknol tannie eendag wees nie, maar dammit groet my net!

Advertisements

2 comments on “Groet my

  1. maatjiema says:

    Wee’jy!? Soveel mense het my tjank al afgetrap omdat ek hulle nie groet nie, maar dit is omdat jy omtrent teenaan my moet staan voordat ek jou erken. Sien, ek is ver-siende. Nou groet ek ALMAL! Of ek hulle nou ken of nie, ek groet as jy my groet.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s