Planne verander

As my planne wat ek gehad het vir my toekoms, net so kon bly. Sou ek dan gelukkiger wees? Dis die vraag waarvoor ek nooit n antwoord sal he. Is ek spyt? Nee. Toe ek n tiener was het ek als agter mekaar gehad. Ek was so positief oor my toekoms.

Die is nie ‘n biografie nie en ekt al die juicy dele geknip want eks boring soos dit. Dalk ook omdat ek nie wil he almal moet dit onthou saam my nie.

Toe ek jonger was, was my idees so mooi uitgelê. Ja ek het gedink en gaan ‘n legendary mode ontwerper wees, die perfekte man kry… Trou( want dis wat jy doen voor jy n man kan kaal sien)… En dalk n kind of twee he later as ek my voete gevind het en nie net my man kaal gesien het nie, wink wink.
Op skool was ek maar deel van die akademie groep – so ek moes ‘n plan he. Op skool is jy so naïve en jy dink als is so super. Ek kon nooit verstaan hoekom ek nie deel van die in- groepie was nie. Ekt hulle altyd opgesom en kon vrek baie foute vind. Maar MY foute was net nie goed genoeg. Na skool het ek geleer om net aan myself te fokus. Nie meer om te gee nie. Ekt selfsugtig geraak en dalk te donker. Maar dit was deel van my journey. Ekt begin sien dat as ek ophou nice is en ophou almal gelukkig hou, dan gaan dinge beter vir my. Ek dink wie ookal my hart aanmekaar gesit het, het dalk die draadjies verkeerd gekoppel.

Realitiet is nou n oukie met wie ek later moes deal in my lewe. Wens my ouers kon vir my preek oor die waarheid. Dalk sou ek dan geluister het. Maar ek dink nie hulle het waarlik gelewe nie.
Ekt paniekerig begin raak terwyl ek swot. Nie net kon ek by bly met die kostes van als, maar ouers wat gereeld in jou nek blaas oor hoeveel geld jy hulle moet terug betaal en dat ek my sokkies moet optrek het my so gewalg ekt my tassies gaan pak en begin werk. Die voordeel hiervan vas, ekt myself baie baie baie geld gespaar en ekt besef ek is nie n fashionista nie. Ja ek hou van kleremaak maar dis n hobby- nie n werk vir my nie.

Tweedens was my besluit om n man te kry en dan met hom te trou. Liewe ouers hoekom waarsku niemand jou nie teen Dose nie. Teen mans wat jou mors as jy ordentlik grootgemaak is. Ja ekt my kop nie net eenkeer gestamp nie, maar n hele paar keer. Met tyd het ek geleer jy sal nooit weet waarvan jy hou as jy nie bietjie eksperimenteer nie. Moet nou nie met jou bene oop gaan lê langs die straat nie, maar mens moet byvoorveeld by n paar plekke pizza eet voordat jy weet watter jou favourite is.
Ek het naderhand ‘n klip binnekant my hart gevorm, want seerkry het te veel met my probeer maats maak.
Kyk ek date nou n oriaat oukie- dalk bietjie mal met tye, maar ek vat n liewers n mallerige mens voor ek lief is vir n rokkejagter. Ekt geweet die enetjie is vir my, of ons sal trou sal net die toekoms weet. Ek verkies om nie planne te maak nie. Mens kan nie net dadelik Die Een kry nie. Ek was al teveel in trane, maar mens sal seker altyd iets kry om oor te huil.

Ek sou kinders wou he wanneer ek finansieel reg is, n huis en kar kan bekostig. Booom… Nie net word ek ma nie, ek word gedrop om die liewe kind alleen groot te maak. Hierdie was n bitter pil om te sluk, maar ekt met dit gedeal.
Ekt by n dokter en n bar gewerk om als betaal te kry. Mense, jy sien regtig als in daai twee professies. Ek weet nou dat ek nie met bloed of siek mense kan werk nie en dat dit my afpis om tussen dronk mense te werk. Die stres het my ondergekry met tyd en ekt keer op keer in die hospitaal beland met n kolon wat nie wou gesond word nie. Ekt moed opgegee. Ek wou doodgaan. Ek weet nou wat is rock bottom. Ek sal nooit weer daar kan wees. Dis n gagga plek. Dis regtig moeilik om kop te hou.
Ek dink as dit nie vir my dogtertjie was. Dan was ek dalk n lost case. Syt my hoop gegee, my nie meer alleen laat voel en partydae gee sy my lekker van my eie medisyne ( haar hardkoppigheid).

‘ n Tweede kans sal dalk n paar swak skakels kan uitskakel, mens doen die stupidste onverklaarbare dinge wat net in stilte moet vergaan, maar ekt n beter mens geword na als. Of eintlik n sterker mens. Ek sal nooit weer myself afsloof vir ‘n baas nie. Ek sal nie laat n man my terughou nie. Ek werk net nog daaraan om nie meer om te gee wat mense dink van my. Wie gee tog om? Solank ek happy is neh? Die makliker gesê as gedaan.

Eks elke dag dankbaar vir wat ek het, waar ek nou is. Mens kan nie vooruit beplan en dink als gaan net perfek wees nie. Jy kan wel jou lewe aanpak met soos n rugby skram. Net kop bo water hou, dan sal als okay wees.

Advertisements

3 comments on “Planne verander

  1. maatjiema says:

    Snaaks. Ek het altyd geweet dat ek ‘n kind alleen gaan grootmaak. Ek was 3 maande swanger met die Tiener toe ek haar pa gelos het. Dis nie so erg nie maar finansieel het ons afgetjop. My ma is ook nie jou tipiese ouma nie so daar was nie so ‘n goeie ondersteuning-sisteem nie. Maar ons is daardeur. Sterkte.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s