Die goedheid van armoede


Hier sit ek met n hongerte na als wat ek nie het nie. Dalk het ek bederf geword, maar hier is niks om te eet. Die feit dat liefie by macadonalds middag ete geeet het maak dinge nie beter nie. Nadat ek dit gehoor het, het iets in my sommer so skeef getrek. O, lekker neh… Eet lekker wanneer ek nie by is en daar nie eers n brood in die huis is. Eks kwaad. Dan begin my skuldige gewete aan my hart klop.

Waarom is ek ongelukig? Is ek ongelukkig omdat ek nie my sin kon kry? Dis wanneer die self ondersoek my laat bloos vam skaamte. Ja daar is nie brood nie, maar daar is n goeie stuk rump die yskas. En groente. Dis meer as wat meeste het. En ek kan aan n paar mense dink wat enige iets sou gee om so lekker in die yskas te he. Dalk is dit omdat ek nie mal is oor vleis nie. Of dalk het ek bederf geraak… Te lui om net bietjie moeite te doen. My stert te lig en die beste van die situasie te maak. Die inkopies is nog nie gedoen nie, maar daars genoeg om mee te werk.

In my jonger dae was ons maar arm. En ek bedoel arm, popcorn vir aandete want more is daar dalk nie krag nie. Meubels word verkoop om brood te kan koop. Ja dit was nie lekker nie, maar dit is my dryfkrag. Ek het als meer waardeer. Veral omdat ek self instaat geword het om die nodige te kan bekostig.
Wat my net so erg baie pla is hierdie bederfgeid van my. Hoe raak ek van dit ontslae?
Vandat als redelik okay gaan, raak ek net moeiliker. Ek raak erg ont tevrede as iets nie is soos ek dit wou he. Ek raak hartseer as ek net bydie huis moet wees. Ek dra nie klere wat ek gkry het, tweedehandse klere. Ja was hand downs. Maar ek voel nou te skaam. So asof die hemp se – sys arm. Sy dra ander mense se ou klere. En dan is dit nie eers so nie. Dit makeer niks. Die ander persoon dalk net uit te gegroei. Ekt al baie vir my klere gekoop, maar my bittergeid smeer so aan als af dat ek min iets kry waarvan ek hou.

Die goedheid van armoede het verander in die bitterheid van rykdom. Is dit dalk hoekom ons Hollywood gesigte hulle self wit snuif en stukkend drink? Is daar niks meer beter nie? Als wat ek het, het ek voor gewerk en tog voel dit nie goed genoeg nie!
Ek dink my brein is gedamage. Ek haat daardie deel van my. Die lewe gaan verby en eks kwaad omdat ek nie my rump wil eet nie, maar macdonalds? Kom by mens!!! Hoe raak mens so? Ek wil graag als meer waardeer. Ek wil nie weer suffer van ellende dat ek dit kan geniet nie. Ek wil net die goedheid van als wat ek bereik en kan bekostig waardeer. Dis so belangrik dat ek die koppigheid van my onderbeheer kry. Die klein mensie van my leer so vinnig en ek wil regtig nie n spoiled brat grootmaak nie.
Mens kan als he, maar as jy nie in jou hart tevrede is nie sal jy nooit genoeg he. Dit werk seker maar met als so.
So van vandag af, wil ek als meer waardeer. My seeninge tel. Die rump maar braai en n mielietjie saam hom kook, want dis kos en dis goed genoeg.

Advertisements

2 comments on “Die goedheid van armoede

  1. maatjiema says:

    Mense streef net na meer en meer. Ons het die een ding en dan soek ons die volgende. Wees bly omdat jy nie MacDonalds gekry het nie. Daai is nie kos nie. Dis kak!

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff says:

    Ek dra weer maklik iemand anders (n vriendin) se “ou klere”
    Geen problem daarmee nie.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s