Familie – tyd

Familie, liewe familie. Dis vir my meer n pyn as n voorreg. Veral die paar wat aan trou ( of soos ek eintlik wil sê- aangenaaide familie). Ekt seker maar net issues, maar met die wat Kersfees nader kom dan wil my brein uitfreak oor al die dinge wat my eintlik pla en ek ignorer om deur die jaar te kom.

Ek was n klein dogtertjie, dan was als nog exciting wanneer dit Kersfees raak. Desember dan gaan jy plaas toe, of na ander familie- ag dis sommer net n jollie patrollie tyd. Toe raak ek ouer… en als verander. Ouma is dood, en oom en tannies praat nie meer met mekaar nie. As gesin was ons nie regtig close nie, of eks eintlik die swart skaap. Tog in my hart wil ek opgewonde raak om tussen mense te kan sit en net lekker te gesels… Darm het ek n ou gekry wat redelik naby an sy ouers is, so ek kry so bietjie familie liefde van hulle kant. Van my kant af, bokkerol.

Die ironie van als is, dat ek al daai oulike gesiggies op my Facebook het… Ja ek sien wat hulle post en hulle sien wat ek post. Dis dit. Ek word nie na die lieflike troues genooi, of genooi as nog n suigeling by kom nie. En nee ekt absoluut niks verkeerd gedoen nie. Eks bad, maar vok nie so bad nie!! Dalk is dit omdat ek nie gaan swot het nie, iets betters met my lewe gaan doen het nie… sorry eks hier. Teminste het ek n goeie werk en doen als self. Ek werk daaraan om maar die begin van my nuwe generasie te wees. Ek wil amper soos die Indrieërs maak , en ‘n groot huis kry waar ek en my nasate kan leef. ‘n Regte familie wees.

Bloed was nooit vir my dikker as water nie. Water het my aan die lewe gehou, terwyl bloed nie n roof wou maak om als beter te maak.

Hoe gebeur dit dat als net in plek val vir party mense?? Als is net reg. Dalk lyk als net perfek van my oogpunt maar ek dink ek weet wats die verskil. En dan kry mens ook baie familie wat gedwonge saam mekaar is. Jis as jy nie daardie person daar wil hê, why torture yourself??

Dalk is ek te reguit om deel van die familie te wees. Ek het nog nie een persoon sleg gese of beskinder nie, want ek sien hulle nooit. Ek blog nou wel oor hulle. As jy mos op my facebook is dan als shap! Volgens hulle. So voel dit. Die een keer toe ek genooi word om bietjie by die dam te kuier, was ek besig. Ongelukkig daardie tyd het ek miskien twee ure vir myself gehad, so ek kon nie die geleentheid bywoon. Familie moet mos verstaan. Hulle gaan sweerlik nie net een keer dam toe nie? Eks een van daai mense wat nie myself afsmeer aan mense nie. Ek dink partykeer ek moet, want dis seker my skuld die konneksie het opgedroog, maar als sal nie van my kant af kom nie! En dan moet ek die beter een wees?? So gaan ek nie myself indoen. Been there done that.

Dan is dit die aangenaaide familie wat dink hulle het n sê. My stiefma. Kyk as kind het ek haar vereer wat sy als doen en dat sy my soos haar eie behandel. Tot sy haar eie kinders gekry het, toe is ek die kleintjie wat uitgeskop word omdat ek sieklik is. Als het met n prys van haar kant gekom, so baie voorwaardes was gestel dat ek wou ontplof. Ek kon nie laat my pa kies so ekt pad gevat , terug gestaan. Nou wil die ene betrokke wees by my na saad. Seker net te wille van my pa. Ekt vir lank gedink eks die een wat skeef trek en moeilik is. Maar n paar mense wat nou al met haar te doen gekry het, sê ek verbeel my nie. Die melk is bietjie af. So in plaas om die melk weg te gooi, maak ek nou maar suur room met dit.  Jy weet terwille van my kind en my pa.

Ek wens ek kan net weet wat krap so in my. Hoekom maak familie mens so seer? Hoekom stel hulle mens so teleur? Ek invest nou liewer in vriendskappe. Sover beteken dit vir my baie meer. Die wêreld is n rowwe plek, en ons is hier met geleende tyd, hoekom nie maar moeite doen vir die wat naby is. Of dit nou familie is of nie.

Treat others the way you want to be treated. Sulke maklike woorde. Dink mooi en min kere doen mens dit. Ek doen dit minder. Omdat ek dit altyd gedoen het en soos n taai chappy afgekrap word. Ek wil elke dag aanpak en ‘n beter mens wees, dis so moeilik. Ek werk nou eerste daaraan om ‘n beter ma te wees. Meer geduldig met haar te wees. My deel by die werk te doen en ander te help as hulle vasbrand, al voel ek hulle gesels te veel en kan eerder my help. ‘n Beter meisie te wees vir my kerel. Om minder vol kak te wees en n probleem met als te vind. Dis ‘n begin en met tyd sal als regkom.

Maar vir nou is familie nogsteeds nie n prioriteit in my lewe nie, en so die Kersfees sal maar weer soos altyd wees… familieloos. Dis eintlik nie sad nie, net beter.

Advertisements

7 comments on “Familie – tyd

  1. ekmyselff says:

    Dit is jammer… sterkte. Sorg dat jou kind eendag JOU a familie het…

    Liked by 1 person

  2. Net Ek says:

    O ek kan ook boeke skryf oor familie. Dis die tweede kersfees wat ek en my man alleen is saam ons kinders. Ek het net nie tyd vir al die k@k en drama nie. Rerig. ek onttrek myself eerder. Dankie.

    Die aan se gat kan nie minder as die volgende een stink nie, maar hulle vergeet ek weet van AL hulle geraamtes. Ek ry nie ‘n goed genoeg kar nie. Ek het nie ‘n groot genoeg huis nie. ek dra nie designer labels nie. Blah blah blah. Sulke dinge impress my nie. Jammer, dis my familie wat ryk is, nie ek nie. Hulle koop duur tweedehandse motors en moerse huise net om in te pas en te kompeteer met mekaar. Jammer, ek koop dan eerder ‘n (goedkoper) nuwe kar, bly in ‘n kleiner gewone huis en slaap met my oë toe in die nag.

    O nee mens, ek het nie tyd vir sulke shit nie. Oor 6 jaar wil ek en my man Karoo toe trek. As ek daai stofstreep sien op die horison gee ek die hond ‘n slaappil en maak al die gordyne en deure toe. Ek is gelukkig sonder drama in my klein wereld.

    Liked by 1 person

  3. diewithasie says:

    Ek voel jy pyn. Ek sien glad nie uit na Kersfees en dis alles oor bitchy vroumense wat nie soos grootmense kan optree nie. As ek my sin kon kry sou ek eerder siels alleen op ‘n klip gaan sit vir kersfees. Dis anyway niks lekker van ouma en oupa dood is nie. Miskien moet ons ‘n “familie suck” groepie stig, wyn drink en war stories deel. Dalk voel mens beter na die tyd 😉

    Liked by 1 person

  4. maatjiema says:

    Jou kind is jou familie. Verder maak jy familie van vriende wat jy darrem kan KIES.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s