Betaal betaal betaal

 

Finansies wat nog nooit een van my sterk punte nie, alhoewel Rekeningkunde een van my beste vakke was. Wat my vandag pla is my finansies. My hele salaris gaan vir aftrekkings en dis als my eie skuld… ek haat skuld. Ek haat dit so baie ekt sommer baie skuld.

 As jong mens wat self moet plan maak, werk dinge bietjie anders. Eers begin jy met n nie so great maandelikse inkomste. Jy moet maar als beplan en uitwerk. Ekt te vining begin om krediet rekenige oop te maak en kort voor lank het my hele salaris net al die versoekings betaal. Ek was betaal om ander mense te betaal. Ek kan darm sê ekt als gehad wat ek nodig het ,maar n spaar geldjie was daar nooit.

 Die scary ding is, wanneer jy geen rekening het nie kwalifiseer jy vir niks. Dis asof hulle jou tempt om te verdrink in skuld en wat baie mense doen of mee gebeur. Hierdie jaar kan ek sê dinge gaan beter. Ek kan finally my dinge afbetaal kry. Ekt nooit die fynskrif gelees nie, en die ander dag toe lees ek bietjie my state deeglik. Vokit ek betaal eintlik klomp ander se salarisse met al die rente wat ek betaal. Nee! Dit moet stop.

Ok, so met my skuld doen ek toe aansoek vir n krediet kaart ( eintlik net nuuskierigheid). Woops waps en als is goedgekeur. Ekt n lang lys van mense om te betaal wat ek regtig korter wil maak. Mar mens sal dink met so lys soos myne sal ek niks meer kan kry nie. Verkeerd. Eke kry sommer baie meer. Die voordeel is nou kan my lys met Drie minder maak. Ok nou as ek nie n brein gehad het dan het ek skuld gaan maak wat ek nie kan betaal nie, maar op 27 het ek al geleer hoe om somme te maak. Dankie tog! Met die goeie kaart wat hou van swipe het ek uitgewerk dat as ek al my los skuldjies gaan betaal, dan gaan ek baie ander kostes spaar en dis net makliker om een ou te betaal in plaas van 3. Nou as my somme reg is behoort ek oor 10 maande darm iets van my salaris oor te he. Ek raak nogals benoud wanneer ek iets oor het, want elke keer duik iets op waarvoor ek nie gebudget het nie.  Soos die keer toe ‘n vrou in my kar vas ry by n donnerse stop straat. Daar gaan my verhoging.

Dit voel nogals lekker om in beheer van jou skuld te wees… Wat net once a while gebeur. Daar was dae wat ek regtig gedink het ek gaan toegesluit word met al die mense wat ek skuld. Maar om weer reg te kom is nie maklik en as dit nie vir my Kêrel was wat uithelp met kos en ander goedjies sou ek nogsteeds underground gewees het.  Ek weet regtig nie ander mense alleen cope met dit nie.

Maar hoekom is die lewe van ons so duur? As jou familie nie stink ryk is nie dan sukkel mens nogals om op die been te kom. En veral as jy afhanlik is van skuld om te survive. Daar is al tonne boeke wat ek al gesien het wat raad gee en so maar ek hou gladnie daarvan om goed te lees wat my nie regtig intereseer.  Maar mens moet jouself leer hoe met geld te werk anders gaan jy op n plek eindig waar jy nie wil wees.

Hier is maar n paar dinge wat ek geleer het:

  1. Moet nie geld leen by vriende of familie nie. tensy jy dit regtig gaan terugbetaal.
  2. Indien jy by n bank leen – moenie n paaiement kies wat jy weet jy nie gaan kan betaal nie. En mak seker van die rente persentasie wat hulle hef en ook die diens fooi wat hulle bysit. Hulle is nie verniet so nice nie.
  3. Lees jou kontrak deur, baie keer is die rente baie meer of nie vasgesteld en dan betaal jy eer rente as die paaiement self.
  4. Probeer jou lewens standaard laer maak as wat jou inkomste is, sodra jy dit te hoog stel dan raak jy nie meer agter
  5. Beplan elke maand jou finansies- skryf al jou debiet orders neer asook verantwoordelikhede wat kontant betaal moet word. So kan jy weet wanneer jy gaan kort wees of iets ekstra het.
  6. Betaal als op datum. Debiet orders is n pyn maar dit help vir jou status. Sodra jou krediet status sleg lyk dan raak die rente wat jy betaal baie meer. Maak ook seker daars geld in die bank vir debiet orders
  7. Besluit wat’s belangrik en betaal dit eerste. Goed soos mediese fonds en klere kan wag as dinge druk gaan. In vandag se tyd is medies belangrik maar nie n noodsaaklikheid as jy gesond is. Ek beskou dit as n luuksheid.
  8. Moet nie geld leen as jy weet jy gaan sukkel om terug te betaal. Dis moeilik maar jy help net jouself. As familie of vriende nie met kos kan help sal n kerk kan help. En moenie geld leen as jy nie het nie. Dis moeilik wanneer familie vra, maar as jy nie het nie gaan skuld gevoelens nie jou rekeninge betaal nie. Ek sal gee as ek het en dit nie terug verwag nie, maar omdat ek streng volgens my budget werk gee ek baie min geld weg aan familie.
  9. Ongelukkig om geld te maak het jy geld nodig, maar moenie geld spandeer op iets wat nie geld sal inbring. Al verpes ek my kar lening, maak my kar seker eks bydie werk om my salaris te verdien.
  10. Moenie net iets koop nie. Shop eers rond en kyk uit vir beter pryse. Om die eerste beste te vat is nie altyd die beste nie. Eks te lui om rond te shop en eks gewoonlik te haastig.

Eintlik is ek die laaste een wat kan raad gee, want ekt al te veel keer finansiele foute gemaak. Met tyd leer mens en al waarsku ander jou wil jy nie luister nie. Partykeer werk dinge uit ander keer nie. Maar op die einde is my raad:

Moenie jouself indoen met skuld nie! Net so goed soos dit kan wees, kan dit sleg ook wees…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s