Baba Katte

Kyk die kat wat kleintjies gekry het spook by my. Ekt nou al orals gesoek en kry niks… Op die plaas waar ek werk is baie katte. Nie enige katte nie – mooi gemmer katte. Hulle het eintlik n lekker lewe hier by ons. Lekker baie jag spasie vir al die vet duiwe wat sukkel om op te kom nadat hulle die beeste se voer ingevaar het. En dan as hulle nie so gelukkig was om n duifie te vang dan wag hier lekker kos by die kantoor.

Kyk n baba kat het mos so manier om so mooi om jou hart te kruip. Ekt nou al twee weeskinders bydie huis. Die enetjie het so ruk terug gelyk of sy wil ontplof en nou is sy weer normaal, maar geen sig van die kleintjies… Ekt al soos n mental pasient hier op die plaas rondgeloop en met die ander katte gepraat en niks gekry nie. Wonder hoekom sy hulle so wegsteek… Ek wil net weet of hulle okay is en ook so mooi gemmer is… Ekt darm gesien hier is nog ene wat begin swel so sal haar maar dophou, dalk sal sy nie suinig met haar kleintjies wees nie.

Ek moet sê ek was nooit n troetel dier mens nie. Ons het soos 10 honde gehad toe ek by my ouers gebly het, en dit het my sommer gatvol vir die hele storie gemaak. Toe ek nou hier op die plaas kom werk en tussen die katte sukkel tot by die deur , het ek bietjie meer met hulle te doen gekry. So besluit ons toe om ook enetjie te kry bydie huis en regtig ekt nie geweet hulle is sulke awesome troeteldiere nie. Hulle kyk basies na hulself en kom na jou toe wanneer hulle bietjie liefde soek. Niks gebollie orals ini huis of gemors van jeukende tande. Hulle maak nie ‘n geraas wanneer hulle n vreemde geluid hoor of irriteer ou met n geblaffery nie.

Daars was vir my gesê eks allergies vir die katte, maar ons katte slaap saam op die bed en geen verandering het plaasgevind nie. Stof of katte, sinus sal ek altyd hê.

Dis vir my alte oulik as Zet by die kraan sit en meow- want sy soek kraan water. Of wanneer Sandy hoor eks wakker en my bespring en n vryf soek… purr purr purr. Ek geniet hierdie katte van my baie meer as honde. Volgende op my lys is twee skape, maar mense dink eks weird omdat ek skape soek. Ek sal eers n huis met n groot erf moet kry, maar dis op my lys….

So ja ek moet nou nog die katjies kry- waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg…Ek sal hulle nog kry….

Advertisements

9 comments on “Baba Katte

  1. Aha Ek is bly ek het jou ontdek!

    Like

  2. ekmyselff says:

    klink of jy n lekker werk het. Ek is glad nie n kat mens nie maar het lekker gelees.

    Liked by 1 person

  3. Auwh…ek is ‘n hondemens maar het ‘n kat Leah en Leah is beslis die Zen vd huis. ‘n Regte huiskat wat gedurig klap na die nuwe baba Scottie in die huis om haar te leer dat kat baas is en gaan bly. En ja, honde is beslis baie meer werk as katte maar honde is weer so ingestel op mense se emosie en juis daarom is ek ‘n hondemens met ‘nliefde vir ‘n enkele kat met die naam Leah!!!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s