Skape

So deesdae het ek die voorreg om elke dag skaapies dop te hou. Terwyl ek wag vir my vriendin om klaar te werk dan het ek die lieflike uitsig van skape. Nou ek’t aan die begin van die jaar so opsessie met skape gekry. Vir een of ander rede dink ek hulle is vrek oulik! Ek wil so graag twee skaapies hê, maar my huis omstandighede laat dit nog nie toe nie. Miskien is dit omdat ek weet  hulle sal nie my katte verjaag soos ‘n hond sal nie. Maar skape sal op my wens lys bly.

Die twist in my skrywe vandag is, is dat ek net so lief is vir n skaap tjoppie, en ek wonder of dit sal weg gaan as ek ooit my skaap kry. Maar ‘n tjop en skaap is in my brein nie dieselfde nie. Soos wat ek die goedjies voor my sien staan, sien ek nie al die skaap vleis snitte nie- ek sien skape. Ek sal nooit een kan gaan kies vir my pot nie. Nooit.

Hulle is baie interesant- veral as jy hulle net dophou. Daars altyd die een rammetjie wat net wil voorplant en die een ooi wat hy gekies het wil net mooi niks weet. Hy sal ook nie moed opgee nie. Na n lang ruk sal hy maar n ander ene probeer wat ook niks wil weet. Snaaks ek het al die gedrag in nagklubs gesien….

Inelkgeval elke skaap lyk anders. Die tjops lyk dalk dieselfde maar soos hulle hier voor my staan is dit sleg dat hulle toekoms ge-glad wrap word… maar sonder om nou daaraan te dink hulle is elk een so vol persoonlikheid. Hulle wil nou nie regtig dat ek hulle vashou en vryf nie, maar dalk lyk ek maar scary as ek hulle bekruip. As ek lank genoeg staan sal hul nuuskierig die oorhand kry en dan kan ek ‘n vryfie gee. Die lammetjies is ook  sooooo oulik. Ek wil hulle almal net oplaai en huistoe vat. Hulle wol is nou nie so sag soos wat dit lyk nie, maar ek dink as ek my skaap genoeg was sal dit seker lekker sag word.

 Ekt vir die eerste keer opgelet hulle het sulke blok pupille. Lyk nogals “evil”. Dalk omdat ek al te veel rillers gekyk het van demone. Maar ja ek vermy oogkontak. Hier is groottes en kleintjies en vettes en maeres. Van hulle het sterte en van hulle sin is af. Van hulle hou daarvan om die heining te staan en kou. Wanneer hulle van kraal geskuif word, loop hulle mooi tot by die volgende een… asof hulle presies weet waarheen om te gaan. Die wat nog hulle wol dra lyk sommer groter, en ag ek wens ek kon so ene vashou. Shit is dit nie Australianers wat gespot word met hulle liefde vir skape? Ek belowe dis nie dieselfde! Eks maar n diere-liefhebber ,maar nie alle diere kwalifiseer nie. Eks maar net bly ek kan hulle dophou elke middag- ontspan my brein so bietjie van die allerdaagse stres.

Ek moet sê mens besef nie hoe slim diere is nie, veral nie die wat ons so lekker aan smul nie. Ek eet nogsteeds vleis en so maar even beeste is nogals slimmer as wat ek gedink het. Ek dink dis aaklig om so in n kamp heeldag te staan terwyl ander voor of langs jou staan en pie en poo en dan is dit net grond orals. Ongelukkig hou ek van vleis so my brein moet maar net nie die twee faktore by mekaar uitbring. En as ek nou minder vleis eet gaan die anyway nie die ouens armer maak nie.

So ek wonder of dit normaal is dat ek so begeerte het om n skaap te wil he as n troetel dier. Volgens google maak hulle baie goeie troetel diere. Hulle is sosiale diere en hou van aandag. Daars nogal n lang lys van moontlik siektes wat hulle optel , maar wanneer hulle die regte voer kry en hulle inspuitings kry sal hulle fine wees. As troeteldier moet sy hoewe drie keer n jaar geskuur word en een keer n jaar moet hulle geskeer word. Dit sal nogals n mission wees vir my want wie vra ek om dit te doen sonder dat hulle my n plaas se prys vra. Daar is ook hel baie soorte skape en mens kry n spesie wat nie erg baie wol groei nie. Ekt probeer kyk watter spesie die beste opsie vir troeteldiere is, maar kon nie regtig n antwoord kry- behalwe dat ramme beter is. Hulle moet net op n vroee ouderdom geknip word. Blykbaar is hulle ook baie goed met kinders en word aan beveel as troetel dier vir jong kinders. Het een of ander sielkundige effek .

Wat ookal die rede – ek soek ‘n skaap en die dat ek hulle elke dag sien help nie.

Advertisements

8 comments on “Skape

  1. Net Ek says:

    Oooooo ek is net so gaga oor skape!!!!!! (en natuurlik help Die Wit Hasie se inskrywings niks vir my liefde vir die mê’s nie!)

    Ek het dit al oorweeg om my swembad leeg te tap en gras binne-in te plant om ‘n skaap te hê, maar my man en kinders dink ek is mal. 😆

    Net gisteraand sê ek vir my man hy moet my na ‘n plaas vat sodat ek aan ‘n skaap kan vat. Ek kan nie onthou hoe voel skape nie. Toe ek klein was het my ouma-hulle skape gehad, maar ek kan nie onthou nie!

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff says:

    Ek dink ek sal graag n donkie wil he!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s