Troukoors

Dis nou iets waaraan ek al lankal opgegee het. Om te trou. Toe ek nog jonk was, het ek maar soos meeste meisies maar ‘n paar rokke ontwerp wat my ideale trou rok so wees. Wie ek sal nooi en hoe die hele set up moet wees. Om eerlik te wees het ek nooit aan die man gedink. Ek wonder hoeveel meisies droom regtig eers oor die man en dan die troue. Dis half of die man deesdae saam die pakket kom en as jy nie happy nie, dan skei jy hom en hou maar wat hy oor het. Jy hou sommer die duur ring ook – want jyt vakansie geld nodig vir jou nuwe honeymoon 😉 .

 So die laaste paar weke heers daar trou koors in ons huis. Vandat ek my kerel ontmoet het, het hy my vertel hy gaan met my trou. Dit vat so paar mans om dit vir jou te se- totdat jy dit nie meer glo nie. Dis nie die eerste wat ek dit hoor nie. Daar was al gese dat eks te goed en ek verdien n beter man, so die een vent wou nie die goeie meisie he nie- verbeel jou!

So na n hele paar maande fluit die ene nog dieselfde deuntjie. Dis asof my hart net weier om bly te raak. Ek wil regtig nie oor so iets teleursgesteld wees nie, veral as dit nooit gebeur nie. Hoekom is dit so belangrik om te trou? Is dit omdat mens dan ’wanted’ voel?  Is dit omdat die wereld so se? is dit beter om op papier bewys te he jys committed?

Ons bly nou al ruk saam, so ons weet ons sal met mekaar kan cope vir n lang ruk. Verander die ring dan als? Sal dit dieselfde bly? EK hoop regtig so. Mens kan nie lewe op “ what if’s “ lewe , maar trou is ernstig. Mens kan nie commit as jy nie 100% seker is nie. Ek wil graag JA sê, met my hele hart en siel. Ek wil graag he dit moet n suksesvolle verhouding/ huwelik wees. Mens weet seker nooit as jy dit nie aandurf. Ek dink die mense wat trou sleg se het dalk vir die verkeerde redes getrou. Mans wat hulle vrouens sleg se of simple grappies maak, gee my net n pyn. Jyt haar gekies. Sy sou dalk nie verander het as jy nie verander het nie. Ok en as sy agter jou geld aan is- hoekom het jy dan getrou. Elkeen is verantwoordlik vir sy eie besluite en ek glo as jy die regtes maak sal jy ‘n happy huwelik he. Ja die kerel van my het foute, maar sover kon ek met dit cope en eks ook nie perfek nie.

Die ene voel of hy legit is oor die hele storie. Die vinger is al gaan meet. Die skoonma vra heeltyd “het hy al?”. “ wanneer kom die kleintjie”. So als klink of die ene saam my wil oud word. Ek wonder maar net nogsteeds. Hierdie blog het hopeloos te veel vrae na my sin- dalk is ek nog onseker oor die nuutste ontwikkeling.

 Ekt al n lys gemaak wat my redes van 1 to 10 is hoekom ek met “persoon” sal wil trou. Op papier lyk dit heel goed. Ek sal maar my hart op als sit wanneer ek die ring aan my vinger het.

 Hyt besluit dis vreeslik snaaks om grappies oor die ring ding te maak. Hy weet ekt issues oor die hele verloof raak storie, en dan elke keer as hy vir my iets gee dan gaan staan hy op sy knieg.

 Dis gladnie snaaks nie.

Advertisements

3 comments on “Troukoors

  1. Net Ek says:

    There are NO guarantees in life.

    (On)gelukkig. Dis wat dit so een helse avontuur maak. Ek het ook gedink die ring maak geen verskil, maar tog (noudat ek ouer raak) voel ek meer gebind aan my man. ‘n Huwelik is bitter harde werk, maar tog so die moeite werd!

    Liked by 1 person

  2. maatjiema says:

    Dalk moet julle chill en mekaar net geniet. Geen spanning en vraagtekens is gesond vir ‘n verhouding nie. Skep asem en hou op dink daaraan en stel daai “groot vraag” uit vir nog ‘n paar maande. Onthou, om fisies te trou is maar net ‘n papier en jou naam op die sisteem. Skei ook. Alles kos maar net kak-baie geld! Dit gaan oor jou binneste.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s