Baba katte 2

Kyk, teen die tempo wat di katte kleintjies kry sal ek nog baie posts oor hulle kan maak. Die eerste baba katte waaroor ek geblog het, het ek nooit gekry.

Die kleintjies is net nerens te vinde… Kort na dit het ons kleintjies in die gras opgetel- die aansig was hartverskeurend. Mamma kat is koekoes. Syt haar kleintjies begin eet en ons kon 2 red. Hulle was slegs n paar uur oud en vinnig het ons die tweetjies begin warm maak en katmelk poeier gekry… Hulle was so klein en ons het skuldig gevoel dat ons inmeng. Dalk was daar iets fout met die ander? Ons besluit toe om een saam die mamma in n hok te sit en eks met die ander een huis toe. Dag een het goed gegaan en dit het gevoel of ek n nuwe baba in die huis het. Klein vlooi het net al hoe minder begin drink en na ‘n dag het sy in vrede gegaan. Dit was gladnie lekker vir my, want ekt als probeer- ek was net nie n kat ma nie. Bydie werk gekom , het mamma kat die ander gesonde katjie opgevreet… ai die natuur is snaaks. So ek wou toe vir n rukkie nie weer ‘n katjie sien nie.

Toe Woensdag bring die ander mamma kat haar kleintjies vir ons… Met al die reen was die grasbale seker nie meer goed genoeg nie en die boks in my kantoor was ‘n beter opsie… Mens se “mamma gevoel” skop sommer in en ekt gehelp kyk dat almal gesond is en goed drink. Die mamma kyk darm mooi na haar kleintjies. Die een het ek net gister opgetel en gesien sy pootjie swel verskriklik en sy drink nie meer nie. Omdat ek nie weer wou aanmaak melk gee het ons die ene by die ma gelos, en ja natuur was toe nie in sy guns. Nou is daar twee oor… Hulle is so oulik, en moan verskriklik as jy die vlooie probeer vang… die kleintjies vat die seer weg, oor my eie Sandy wat net verdwyn het. Van maandag het sy net nie weer huistoe gekom, en ‘n kat is moeilik om te gaan soek…

Diere kruip so diep in mens se hart ek moet net myself keer om te veel om te gee en myself herinder eks nie in beheer nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s