Vrou van die nag- is dit n keuse of nie?

Ok, so in ons klein klein dorpie het iemand op ons klein kein dorpie se skinder hoekie op Facebook ( I know) gesê of gevra dat een van hoer wit vrouens vermis is. let wel met my blog wil ek net vasstel of dit n keuse is om n vrou van die nag te wees en as dit n keuse is hoekom is mense so sensitief daaroor?

Kyk ek ken nie hulle persoonlik maar hulle is ons klein klein dorpie se enigste sigbare twee wit vrouens van die nag. daar is party vrouens in die dorpie wat no under cover is ( wink wink).Nou iewers het ek ‘n gesprek gemis, maar die hoer se sussie het toe baie onsteld mense begin uit trap en gesê dat ons dorp nie die hoer mag judge nie. dit lyk of n paar mense verlig is dat sy verdwyn het. Sys volgens die sussie oor persoonlike redes waar sy is en syt n kind in die laerskool wat nie weet van haar skandes…. Nou gelukkig het ek die keer besluit om nie soos die res van die dorp my bek te rek op die groepie. Ek wil liewers hier op my blog my sê sê.

Indien iemand voel ek redeneer verkeerd, asb skyn ‘n lig , want dalk is ek verkeerd.

So ja, hoer is nou vermis. Die dorp mis haar nie. Maar tog is daar n handjie vol wat wil he sy moet terug kom en veilig wees en kwaad is omdat ek en paar ander die woord hoer gebruik. Kyk ek weet net God mag ons judge. ‘n Hoer wat sonder skaamte op en af in die hoof straat paradeer stel haarself bloot aan almal se persepsies.

 Nou hoekom voel ek nie nie jammer:

Hoe erg moet n persoonlike ervaring wees dat jy jouself verkoop aan lustige mans dat jy net dwelms wil koop. Terwyl jou kind op laerskool is? Keer op keer het mense probeer help, kamers beskikbaar gestel en kos gegee en keer na keer is hulle besteel. Hoeveel keer moet ‘n mens “menslik” wees en so persoon help? Ja volgens die bybel moet jy net aanhou gee en gee, maar regtig? Hoekom is die familie so sensitief oor die hoer sussie, maar sit haar nie in rehab met chip dat sy nie meer dwelms doen.

Eks een van die tipe mense wat jou sal help as jy gehelp wil word. Maar sodra jy dinge doen wat bewys  dat jy nie gehelp wil word, skryf ek jou af. Familie of vriend- Good bye!! Ok en die arme kind? Daar is baie ander dorpies ook wat skole het. Skuif dan die kind, want in die klein klein dorpie gaan die feit dat jou ma n straat hoer is nie stil bly nie. Ek voel jammer vir die kind. Ek dink aan my eie kind en ekt genoeg trots om ‘n shitty werk te gaan doen so iets skeef loop- sodat my kind n normale lewe kan he. En die hoer se geld gaan nie eers na die kind… haar dwelm probleem sluk elke sent.

Ek wil haar nie sleg maak, maar die sussie moet net n chill pil drink en liewers net stil gebly het. Ja ‘so what’ as die dorp haar hoer sussie sleg praat? Om so te kere te gaan maak jou ook sleg. Want dis nie leuens nie. As iets verkeerd is, is dit verkeerd en om te sê God het har klaar vergewe, sus seker jou gewete, maar God vergewe wanneer jy vergifnis vra en jouself bekeer en jou lewe reg ruk. Jy kan nie aanhou met sonde en dink als is honky dory.

Awel my punt bly- omstandighede kan nie so bad wees dat jy jou lyf verkoop vir dwelms terwyl jy ‘n kind het om voor te sorg. Dis so min dat mense ‘n geleentheid kry om hulle lewe reg te kry en dan loop en besteel jy nie hulle nie. Nee, as jy so wil aan neek gaan ek en die dorpie jou nie jammer kry nie.

Advertisements

3 comments on “Vrou van die nag- is dit n keuse of nie?

  1. Net Ek says:

    Al wat ek gaan sê is: my hart is koud vir haar.

    Oor haar kind is ek vreeslik hartseer en bekommerd. ek sal nagte wakker lê oor die kind. Ek dink nie God het ons kinders geleen vir ons dat ons hulle so verwaarloos en in sulke omstandighede plaas nie.

    Liked by 1 person

    • Ja. Sover dink die kind bly by familie. Maar kan jy imagine as sy of hy ouer raak en kinders spot die kind… Dis mos nie die kind se skuldof keuse.En daar eintlik baie kinders wat so ouer het…maar dis n blog op n ander dag… Maar dis hart verskeurend.

      Liked by 1 person

  2. Ag dis hartseer Ek dink weer elke mens vedien ‘n tweede kans.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s