Geen nuus is goeie nuus

Ek wil nie meer nie. Ek wil nie meer hoor oor kindertjies wat doodgeskop word, of koeie wat lewend vervel word. Ek wil nie meer hoor dat daar nie n toekoms vir blankes in SA is of van nog n wrede plaas aanval. Ek wil nie meer hoor van die 6 de trompet in Israel of die droogte oor die land. Als is seker noodsaaklik om te weet- maar dit demp my postiewe ‘outlook’ oor my toekoms. Ek voel of ek net ‘n klomp pille moet drink sodat ek als kan mis. Ek verstaan nou hoekom mense selfmoord pleeg. Steur ek my aan als dan voel ek soos n zombie binne in my- steur ek my nie aan als- word ek dalk een dag net met skok wakker.

Ek dink die belangrikste is dat ek my saak met God moet reg kry- dat ek rustigheid oor als kan kry.. Dan sal ek nie meer so benoud voel. Ek wil nie agter gelaat word indien die groot koms gebeur nie. Hier is hopeloos te veel physcos hier.

Ek weet nie hoekom als my pla nie. Ekt dalk te nuuskierig geraak om nuus te lees en nou wil ek nie meer nie. Ek verstaan net nie hoe mense regte het as hulle n onskuldige mens of dier aanval of mishandel. Hoekom is daar altyd n sielkundige verskoning vir verkeerde dade maar geen geregtigheid vir mense wat niks verkeerd doen. Hoe mense net kan sê wat hulle wil oor ander mense sonder om hulle regverdigheid te gun. Om te skree voor hordes mense wat nie matriek het – dat witmense niks verdien en dat hulle als moet vat.  Die einde van die wereld word elke jaar voorspel en niks gebeur. Hoe lank gaan ‘hulle’ nog daardie perdjie ry??

Wanneer gaan  die 3 de wereld oorlog nou gebeur… Skiet mekaar nou vrek en laat ons in survival mode ingaan. Om so op die draad sit en wag maak my lam. Natuurlik wil ek nie he dit moet gebeur nie, maar hoekom dreig sulke dinge om te gebeur. Ons as mens is net nie gemaak om in vrede saam te lewe nie. Daar is altyd een of ander ou met n rooi hoedjie of vals hare wat dink hys die baas en sy plan is die beste.

Eks moeg vir mense wat nie by pad reels kan hou nie. Wat verby jou jaag net om voor jou te stop. En dan is hulle kwaad oor ek n middel vinger swaai. Hoe durf ek kwaad raak dat my kar en lewe in gevaar is. Hoe durf ek aan almal en myself dink. Die idioot is mos nou haastig oppad na nerens. Ek wens sulke mens kan net vrek en klaar kry. Ek het my menslikheid in in sekere opsig verloor. Ek wil nie meer hier opgeskeep sit met tien duisend opinies en niks verander of gebeur. Hoekom lewe ons? Wat is ons doel nou regtig?

Eks moeg vir die ou doos oom opsigter wat smsies stuur oor ek wat nie wag vir die hek om toe te gaan en dat ek n R200 boete moet betaal. Terwyl hy aan die ander kant sit en nie eers bewys het dat ek nie gestop het. ( ek wag altyd vir hek) En dat ek nie my kat mag he, terwyl hy met lastige maltees en stok ou kat sit.( Almal om ons het troeteldiere so hoekom mag ek nie n kat he?) Eks moeg vir die ou tannie langs ons wat bly wat ons afluister en stories aandra – want sy hoor net wat sy wil. Maar ek moet haar jammer kry want haar man is 3 maande terug oorlede. Ek moet net nice wees tussen al die agterbakse mense.

As facebook nie ‘my friends’ wat sulke depro goed share kan stop dan sal ek maar n paar mense gaan delete. Die positiewe en mooi dinge is wat my aan die gang hou en ek wil nie meer al die bad goed hoor nie. Dit voel asof als net erger raak en ek wil dan my laaste dae op aarde in vreudge deurbring en nie in vrees nie. Ek weet ek blog meeste van die tyd oor negatiewe dinge maar die positiewe dinge is net so min en ek vergeet om oor dit te post. Ekt darm verloof geraak die naweek _ yay_ maar hoe moet ek bly wees as die toekoms so donker lyk?

Advertisements

8 comments on “Geen nuus is goeie nuus

  1. Een ding wat jy verseker kan weet is dat dit die gevolg is van die tye waarin ons leef. Maar ons moet ook weet dat ons nie ‘n GEES van vrees gegee is nie, ons moet glo en vashou en weet dat God die Vader, is in beheer en Hy weet van als en met Sy krag is ons tot alles instaat. Ons kan deur daai krag die bose oorwin want die prys is lankal reeds betaal. Basta met al die doom and gloom, lees dit, maar moenie dit jou eie maak nie – onthou altyd ‘n ingeligte persoon is ‘n voorbereide persoon. EN DIE OU KLAKOUSE sal tot die ewigheid kom, met ons wees!!!

    Liked by 1 person

  2. Nou is ek ook neerslagtig

    Like

  3. ekmyselff says:

    Geluk met die verlowing! Moenie dat ander jou vreugde steel nie. Ek het lekker gelees hier by jou.

    Liked by 1 person

  4. Hie hie. Oulik geskryf! Ja – ek het ook besluit om nie meer Die Beeld elke oggend te lees nie, dit maak mens negatief. Geniet jou verlowing-seisoen. dis lekker!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s