troukoors 2

OK- die ring is aan die vinger… dit voel nog so bietjie onwerklik en ek voel half agterdogtig. Dit voel of iemand voor my gaan inspring en sê” gotha!” “dis net n grappie!’

Dis regtig spesiaal as n man besluit dat hy die res van sy lewe saam jou wil spandeer… Ons het gesametelik besluit om maar n pastoor te gaan sien- dat ons voorberei kan word vir die huweliks lewe… ek wil regtig nie trou om net weer te skei nie….

So nou ‘n week later het my brein begin werk en ekt al bietjie mal gegaan oor idees vir ons groot dag. Pinterest is n idee hemel en ek spandeer hopeloos te veel data op pintrest. Na net n paar “pin it” het ek basically klaar my troue. Ek wil graag n klein troue he, met net naaste familie en vriende en wil dan groot gaan met die honeymoon… grys en pienk bosveld tema.

 Jis eks half te bang om te begin beplan… Maar ek hou nie van verrassings en ek kom agter my in beheer geen gaan bietjie mal gaan met al die reelings. Ons het nou nog nie besluit om n datum nie- maar ek dink die budget gaan bepaal wanneer dit gebeur. Ek wil net nie langer as 2 jaar verloof wees nie.

Die ring druk so liggies aan my vinger en ek kan nie glo ekt daardie deel van lewe betree… eks gelukkig… Daars n ander tipe opgewondenheid wat oor mens kom as so iets gebeur. Eks so dankbaar dat my lewe meer positief uitgegdraai het. Ten spite van als wat al skeef geloop het. En ten spite van als wat in die wereld gebeur.

Hier is n druppel van my ideetjies:

Advertisements

6 comments on “troukoors 2

  1. Ag baie geluk met die BAIE GROOT STAP, dit is net vir mense met baie moed, durf en hope deursettingsvermoë… na 32 jr se getroude lewe weet ek voorwaar dit is nie vir sissies nie en daar is so baie dinge wat ek anders sou doen, maar ongeag ek is darem al ‘n leeftyd met dieselfde man en beide my kinders se pa getroud…. soms net-net maar darem, want hy werk hard daaraan om goed vir my te wees ” vratte en al “….

    Liked by 1 person

  2. Net Ek says:

    Baie baie geluk met die groot stap!

    Dis darem so wonderlike opgewonde tyd in mens se lewe. Ek is saam julle bly!

    Liked by 1 person

  3. ekmyselff says:

    Jy moet lekker reel en lekker shop, die idees lyk pragtig. Dit is n lekker tyd in n mens se lewe. Mooi luister na die pastor, hoor 🙂 LOL
    GELUK!!!

    Liked by 1 person

  4. J says:

    Happy Engagement 🎉🎉🎉

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s