troukoors 3

Wanneer jy besef jy het nie mense om te nooi

Ja die is trou related. Eks maar n beplanner. Ek wil hê als moet glad verloop. Ek kan nogal vinning omgekrap raak as dinge nie reg is nie, so ekt besluit om al rond te kyk en kwotasies aante vra vir die groot dag. My groot dag. Dis nogal erg hoe duur dit is, en na die 50 kwotasies op een dag wil my kop bars – want wie de hel trou so baie? Nie net is dit vokken duur vir als nie- maar van die plekke is al vol bespreek. As jy wil bespreek moet jy n bedrag betaal – wat jy nie terug kry sou jy kanseleer. Hoe moet ek weet wat oor n jaar gebeur?

Nou moet ek al myself forseer om te besluit- wil ek commit? Wil ek R70000 spandeer om te trou? en dis n druppel van wat ander mense spandeer. Is hy dit werd? Ek twyfel nie oor hom nie, maar die lewe is een risky spel. Dalk moet ek net spontaan wees en nie worry? Just do it.

En ek gaan staan toe bak hand by my ouers vir n donasie vir my troue. Dis mos wat n pa vir sy dogter aanbied? Nee- nie as hy met n feeks getroud is. Nee boeta se woonstel in Potties is belangriker. Maaar hulle bied toe aan om X bedrag te gee. Eks half terleurgesteld oor die X bedrag, maar dis die idee wat tel. OK.

Met die X bedrag kom toe nou baaaie meer. Ek mag sekere familie ( waarmee ek nie probleem het) nie nooi nie. En die venue waarvan ek hou is te duur. Die einste venue uit 50 wat regtig die goedkoopste was en naaste aan ons huis.

Ok so ek kan my gaste lys aanpas. Eks n aanpasser ook. Krap hier n naam dood, en daar. Mooi- 10 familie lede oor. Waarvan 4 sal kom. Skielik voel ek aleen en hartseer. Van die 80 mense op die gaste lys is omtrent 20 mense wie ek nooi. Is ek dan so loser dat ek so min mense graag by my troue wil he.

Ek dink n hof troue en n stunning honeymoon is plan B.

Advertisements

5 comments on “troukoors 3

  1. ekmyselff says:

    Ek stem vir n kleiner, intieme troue met n stunning honeymoon. Sit n demper op jou troue as daar vir jou voorgeskryf word wat en hoe jy dit moet doen.

    Liked by 2 people

  2. Elope en gebruik die x bedrag vir julle honeymoon. Troues is in elk geval overated en almal skinder daarna. Verdwyn, trou en hou vakansie… em as jy terug by die huis is sê jy; tra-la sê hallo vir mevrou….dan kan almal maar skinder en klaar kry want almal gaan daarna kyk of jy nie dalk ‘n boep bykry met die skielike troue…

    Liked by 1 person

  3. maatjiema says:

    Nee wat, klein troue en GROOT honeymoon. Net nie in die hof trou nie – dis baie onpersoonlik!

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s