Hoeveel keer kan mens se hart breek?

Party dae voel dit of niks my pla nie en kom wat wil. Ander dae soos gister, voel dit of my hart uit my lyf wil skeur en trane loop brand merke oor my wange. Eks n redelike positiewe mens, en na n trane dal in die aand staan ek vars en fris op. Vanoggend is my hart nog swaar en ek voel vasgekeer. Hoeveel kanse gee jy iemand? Hoeveel keer gee jy in om jou hart seer te laat kry.

Ek wil regtig nie wag tot die dag wat als net in mekaar stort en ek op gee nie. Ekt nog soveel planne vir die jaar en my brein gaan mal met wat ek wil bereik. Dit is bereikbaar, maar dis asof iets my wil terug hou. Sodra ek nuwe hoop kry dan kom iets en gooi my terug by stap 1. Ek wil nie moed op gee nie. Eks ‘n mamma. En ek weet dit wat ek wil doen- is my roeping. Maar armoede en verhouding probleme ruk aan my deur.

My kind se pa kan nie meer onderhoud betaal. Omdat hy blykbaar met epilepsie sukkel. Of dit waar is weet ek nie, maar omdat ek nie ‘n monster is nie het ek gesê hy kan fokus op sy gesondheid en dan weer betaal wanneer hy beter is. Sonder die onderhoud kan ek nie spaar of my skuld afbetaal. Maar ek is bevoorreg genoeg om als te he wat ek en my kind nodig het. Maar die feit dat dit weg is het my nogal teleurgestel.

Dan sukkel my verloofde met depressie/ alkohol/pyn. Dis so moeilik om iemand te help wat nie jou raad wil volg nie. Keer op keer het ek gese- gaan dokter toe – drink medisyne…maar nee. Dis lekkerder om daaroor te kla. Dis hoe dit vir my voel. Dan die mens wat weet wat sy probleem is- hou hom in ‘n kroeg en stuur hom dronk huis toe. Hoe kan jy jouself as ‘n vriend beskou as jy dit aan jou vriend doen. As ek iets sê dan sê die vriend ek moet hom na ‘n inrigting toe stuur, wtf! ‘n inrigting gaan nie help nie.

Die dag wat ek “ja” gesê het, het ek geweet van sy probleme en ek was in ‘n mate bereid om hom by te staan en te motiveer om beter te word. Ek voel net moedeloos want hoe help jy iemand wat heeltyd terug val. Hoe keer jy dat jy nie ook val in die proses. Ek wil moed op gee op die verhouding en alleen voort sukkel. Dit voel soos die beter opsie.

As ek die maklike uitweg kies- sal ek nooit kan trou nie. nie met enige persoon nie. ek wil nie sukkel nie. of nie die hele tyd vassit oor dieselfde goed nie.

Ek hoop net ek kan sterk staan- en aanhou bid en vertrou op God dat hy my op die regte pad kan hou. En vir my rigting kan gee. Ek wil nie so hartseer of magteloos voel nie… ek wil my planne uitvoer en fokus op my toekoms. Ek wil my vriende in nood help. Die jaar is nog jonk en ek wil dit ‘n beter een maak… maar as ek voel soos nou voel dit nie moontlik nie…

Advertisements

16 comments on “Hoeveel keer kan mens se hart breek?

  1. diewithasie says:

    Sometime you need to drop some weight so you can swim and not sink…sometimes that weight is a person. Ek is altyd ‘n cheerleader vir mense wat by hulle mense staan MAAR jou persoon MOET homself wil help en die knaap klink my is nie lus vir verander. Vra jouself so…wat sou jy vir jou kind vertel om te doen as dit hy/sy was wat in jou plek gesit het. Soos ek een keer vir ‘n vriend gese het, dis nie my werk om jou las te dra.

    Liked by 1 person

  2. ekmyselff says:

    Sjoe Girl…. soms moet mens dit wat jy wil he laat gaan sodat jy DIT wat jy verdien kan kry. Ek stem nogal saam met Hasie hy klink nie lus vir verander nie.
    Jy moet doen wat vir jou werk, op die oomblik klink dit nie vir my of hierdie vir jou werk nie – dit maak jou moeg en trek jou af.
    Sterkte!

    Liked by 1 person

  3. Net Ek says:

    As iets jou nie gelukkig maak nie, los dit terwyl jy kan.

    Jou eie geluk is veel belangriker. En jou kind se geluk ook.

    Baie baie sterkte.

    Liked by 1 person

  4. My raad aan jou is gee eerder die ring terug. Eerder vinniger as later want jy gaan jouself en jou kind met net nog meer pyn opsaal. Dit klink baie hard maar as iemand homself nie wil help nie, kan niks of niemand so persoon help nie. Pak jou goed en trek, die lewe saam met ‘n verslaafde is op die beste van tye kindermoord en geensins ‘n joyride!
    En vir jou kind se pa, epilepsie word met ‘n pil ‘n dag onder beheer gehou, daar is geen rede vir hom om nie sy verantwoordelikheid teenoor “julle” syne ook, kind na te kom nie!!

    Liked by 1 person

  5. travel460 says:

    Ek stem saam met al die bloggers se raad. Volg dit. Neem een tree op ñ slag, maar begin net. Verkieslik met die moeilikste een. Stap weg uit die vehouding terwyl jy sterk voel, terwyl jou drome vars in jou gedagtes lê. Jy sit hier met kollektief ñ klomp jare se ondervindings, en ons sal antwoord as jy vra. Maak die keuse. Stap weg.

    Liked by 1 person

  6. maatjiema says:

    … Jong, ek weet nie so lekker nie. Hierdie verhouding klink nie gesond nie. En, jammer, maar jou kind se pa moet onderhoud betaal. Epilepsie gaan nie net sommer weg nie so hy moet leer om te “juggle” tussen sy siekte en sy kind se onderhoud – nou sit jy met sy probleem EN met jou verloofde se probleem. Ag nee kak man!

    Liked by 1 person

    • jong, mense kan so maklik op my gevoel speel. ek glo half in karma so ek draai ‘n situasie 10 keer om en om , om seker te maak ek maak die regte besluit. ek het intussen gehoor die ex werk so ek sal maar moet stappe neem. ek voel so sleg om te kla, maar maak nie saak hoe positief mens wil wees sulke dinge pla maar…

      Like

  7. seegogga says:

    Ai dis baie makliker om net ogies toe te knyp en aan te stap afgrond toe as om regtig te kyk waarheen jy op pad is. Maak asb oop jou oe, draai om en hardloop ver weg van daardie verloofde af. Ek is doodseker jou ouers sal ook maar te bly wees.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s