Wag

Wag is so kort, maklike ou woordjie. Regtig een van die woorde wat ek haat. Ekt baie min ‘n wag voor my mond. En om vir iets te wag kan my deur die mure dryf!

Soos ek hier sit, wag ek vir iets. Ek kan dit nie eers beskryf as een ding nie

Ek wag eerstens dat dit huis toe gaan tyd word. Wat eintlik hartseer is. Mens wens die week so om. Hoekom? Dis nie asof ek n gagga lewe het nie. As elke dag Vrydag was soos wat dit voel sou ek nie gelukkiger gewees het nie.

Ek wag dat dit etenstyd word. Ekt dalk net n hongerte vir iets. Kos vul my maag en maak my hart bly, maar my siel is honger- wat vul ‘n honger siel?

Ek wag dat telkom die landlyn reg maak. Dis so stil by die werk sonder daardie aaklige lui toon. Ek kan gewoond raak daaraan.

Ek wag dat jy reply. Die whatsapp gesprekke is my hoogte punt van die dag.  Al se mens net iets eenvoudig- om te weet jys daar is stel my gerus. Ek wag ook dat mense wat hulle self gedistansieer het, wil reply. Hoekom wil jy stil bly ,as vriende ‘n kosbare ding is. wat het ek verkeerd gedoen?

Ek wag vir daai tyd van die maand. Het n app gekry want iewers maak my somme nie sin. Die app help ook nie. Ek wag in spanning.

Ek wag dat ek jou verkeerd kan bewys. Dit breek my dat hulle als net so kry. Hoekom moes ek so sukkel. Hoekom het jy nie daarvan gehou dat ek my ‘piece of mind’ gee. Nou is ek die stief kind wat kamstig so kak is. Dis moeilik om van haat ontslae te raak. Ek sal jou altyd verwyt, en dat jy hulle so bederf maak dit nie beter.

Ek wag dat als makliker word. Mens leer soveel lewens lesse en tog word niks makliker nie. As jy TV kyk dan wil ek daai Angelique net klap. Regtig. As jy n voorbeeld wil wees van ‘n goeie ma en en en… beindruk jy my nie en mense ho daarvan.

Ek wag dat ek ophou my aan als en almal steur. sosiale media. in ons demokratiese samelewing mag jy nie jou opinie gee nie. Die meerheid het die oorhand en wie is jy? dis so maklik op ‘n opinie te gee- maar wie wil luister as hulle nie wil hoor nie?

Ek wag dat als uit mekaar val. Dalk is dit hoekom ek so frustreerd is.

Die ge- waggery is besig om my mal te maak…

Advertisements

4 comments on “Wag

  1. Moenie so wag nie dit kan jou van lekker oomblikke kom beroof, mense wat nie in jou lewe wil wees nie, dit is hul verlies, geen Telkomlyn, so nou en dan is dit wondere vir die Gees… wag is om kosbare beperkte tyd te mors… dit is hoekom dit jou so frustreer 😉 dink ek xx

    Like

  2. Dink weer … jy mis baie lekker goed deur so te wag.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s