Hoeveel keer kan mens se hart breek?

Party dae voel dit of niks my pla nie en kom wat wil. Ander dae soos gister, voel dit of my hart uit my lyf wil skeur en trane loop brand merke oor my wange. Eks n redelike positiewe mens, en na n trane dal in die aand staan ek vars en fris op. Vanoggend is my hart nog swaar en ek voel vasgekeer. Hoeveel kanse gee jy iemand? Hoeveel keer gee jy in om jou hart seer te laat kry. Continue reading

troukoors 3

Wanneer jy besef jy het nie mense om te nooi

Ja die is trou related. Eks maar n beplanner. Ek wil hê als moet glad verloop. Ek kan nogal vinning omgekrap raak as dinge nie reg is nie, so ekt besluit om al rond te kyk en kwotasies aante vra vir die groot dag. My groot dag. Dis nogal erg hoe duur dit is, en na die 50 kwotasies op een dag wil my kop bars – want wie de hel trou so baie? Nie net is dit vokken duur vir als nie- maar van die plekke is al vol bespreek. As jy wil bespreek moet jy n bedrag betaal – wat jy nie terug kry sou jy kanseleer. Hoe moet ek weet wat oor n jaar gebeur?

Nou moet ek al myself forseer om te besluit- wil ek commit? Wil ek R70000 spandeer om te trou? en dis n druppel van wat ander mense spandeer. Is hy dit werd? Ek twyfel nie oor hom nie, maar die lewe is een risky spel. Dalk moet ek net spontaan wees en nie worry? Just do it.

En ek gaan staan toe bak hand by my ouers vir n donasie vir my troue. Dis mos wat n pa vir sy dogter aanbied? Nee- nie as hy met n feeks getroud is. Nee boeta se woonstel in Potties is belangriker. Maaar hulle bied toe aan om X bedrag te gee. Eks half terleurgesteld oor die X bedrag, maar dis die idee wat tel. OK.

Met die X bedrag kom toe nou baaaie meer. Ek mag sekere familie ( waarmee ek nie probleem het) nie nooi nie. En die venue waarvan ek hou is te duur. Die einste venue uit 50 wat regtig die goedkoopste was en naaste aan ons huis.

Ok so ek kan my gaste lys aanpas. Eks n aanpasser ook. Krap hier n naam dood, en daar. Mooi- 10 familie lede oor. Waarvan 4 sal kom. Skielik voel ek aleen en hartseer. Van die 80 mense op die gaste lys is omtrent 20 mense wie ek nooi. Is ek dan so loser dat ek so min mense graag by my troue wil he.

Ek dink n hof troue en n stunning honeymoon is plan B.