Skape

So deesdae het ek die voorreg om elke dag skaapies dop te hou. Terwyl ek wag vir my vriendin om klaar te werk dan het ek die lieflike uitsig van skape. Nou ek’t aan die begin van die jaar so opsessie met skape gekry. Vir een of ander rede dink ek hulle is vrek oulik! Ek wil so graag twee skaapies hê, maar my huis omstandighede laat dit nog nie toe nie. Miskien is dit omdat ek weet  hulle sal nie my katte verjaag soos ‘n hond sal nie. Maar skape sal op my wens lys bly. Continue reading