Skape

So deesdae het ek die voorreg om elke dag skaapies dop te hou. Terwyl ek wag vir my vriendin om klaar te werk dan het ek die lieflike uitsig van skape. Nou ek’t aan die begin van die jaar so opsessie met skape gekry. Vir een of ander rede dink ek hulle is vrek oulik! Ek wil so graag twee skaapies hê, maar my huis omstandighede laat dit nog nie toe nie. Miskien is dit omdat ek weet  hulle sal nie my katte verjaag soos ‘n hond sal nie. Maar skape sal op my wens lys bly. Continue reading

Baba Katte

Kyk die kat wat kleintjies gekry het spook by my. Ekt nou al orals gesoek en kry niks… Op die plaas waar ek werk is baie katte. Nie enige katte nie – mooi gemmer katte. Hulle het eintlik n lekker lewe hier by ons. Lekker baie jag spasie vir al die vet duiwe wat sukkel om op te kom nadat hulle die beeste se voer ingevaar het. En dan as hulle nie so gelukkig was om n duifie te vang dan wag hier lekker kos by die kantoor.

Continue reading